Ons is 'n unieke partytjie venue wat 'n verskeidenheid aktiwiteite het om van te kies. Ons is geleë in Pretoria Oos, Skakel ons gerus vir meer inligting!
Sien jy kans vir 'n pret belaaide avontuurlustige partytjie vir seuns en dogters met 'n bos braai wat stokbrood en wors insluit. Dan moet jy eenvoudig jou spesiale dag by ons kom vier!

 

 

Daar kan van die volgende aktiwiteite gekies word :


·    Hindernisbaan
Die is vir die kinders wat wil klim en klouter in die bome, in die modder kruip en vele meer.


·    Amazing Race
Kan jy leidrade ontrafel en rigting hou? Dan is die een vir jou…


·   Survivor

Twee spanne wat teen mekaar deelneem. Survivors are you ready??

 

·    Waterkaskenades/ Boeresport
Van waterballon gooi, sak resies, kruiwa stoot, tou trek en vele meer kan dit net pret wees.
 
·    Water-geweer oorlog
 Speel Cowboys and Crooks met water-gewere in die bos. Watter span gaan die droogste wees?
 
·    Minute to Win It
Kan jy 'n watte bolletjie optel met jou neus of 'n tandeborsel balanseer op 'n hoed? Dan is die speletjies vir jou bedoel!
· 
·    Skattejag
Soek leidrade om jou te help om die groot skat te vind!


·    Nag-partytjie (Slegs September - April)
Prikkel lantern bekruip en spook stories om die kampvuur jou verbeelding? Dan is die een vir jou!


Vir meer inligting oor die pakkette/pryse skakel ons gerus sowel as nie een van die aktiwiteite jou opgewonde maak nie dan kan ons praat oor moontlike kombinasies.